Fenisiese alfabet

Fenisiese alfabet
Soort skryfstelsel   Abjad
Tyd gebruik Van 1050 v.C. totdat ander vorme dit geleidelik vervang het
Rigting Regs na links
Tale Fenisies
Stelsels
Moederstelsels
Susterstelsels
Dogterstelsels
ISO 15924 Phnx, 115
Unicode Phoenician, U+10900–U+1091F
Nota
Hierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat
Portaal  Portaalicoon   Skryfstelsels

Die Fenisiese alfabet, ook die Proto-Kanaänitiese alfabet genoem vir inskripsies voor omstreeks 1050 v.C., is ’n konsonantale alfabet, of abjad.[2] Dit het dus geen klinkers nie. Dit is gebruik vir die skryf van Fenisies, ’n Noord-Semitiese taal wat deur die Fenisiërs gepraat is.

Toe die Fenisiese skrif in die 19de eeu vir die eerste keer ontdek is, was die oorsprong daarvan onbekend. Geleerdes het eers geglo dit was ’n direkte variant van Egiptiese hiërogliewe.[3] Die idee was veral gewild vanweë die ontsyfering van hiërogliewe kort tevore. Hulle kon egter geen skakel vind tussen die twee skryfstelsels nie.

In 2005 het Unesco die Fenisiese alfabet geregistreer as ’n Wêrelderfenisdokument van Libanon.[4]

  1. Himelfarb, Elizabeth J. "First Alphabet Found in Egypt", Archaeology 53, uitg. 1 (Januarie/Februarie 2000): 21.
  2. Fischer, Steven Roger (2004). A history of writing. Reaktion Books. p. 90.
  3. Jensen (1969) p. 256.
  4. Memory of the World, amptelike webtuiste

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search